Lidmaatskap
Wie kan lede word?
Lidmaatskap van die Vereniging is oop vir elke boer, rustend of aktief, hetsy eienaar, huurder, bywoner of plaasbestuurder, wat in die gebied wat deur die Vereniging bedien word, boerderybedrywighede beoefen.
Persone wat nie boerdery beoefen nie, mag ook as lede toegelaat word hetsy die bepalings ten opsigte van ledegelde nagekom word.
Hoe om ‘n lid te word?
Voornemende lede moet deur ‘n lid van die Vereniging op ‘n ledevergadering vir lidmaatskap voorgestel word. Die lidmaatskap word dan deur die Bestuur op die eersvolgende bestuursvergadering oorweeg waartydens hulle, sonder ‘n opgaaf van redes, lidmaatskap kan weier. Indien lidmaatskap deur die Bestuur goedgekeur word, word dit van krag sodra aan die bepalings ten opsigte van die betaling van lidmaatskapgelde voldoen is.
Lidmaatskapgelde
Lede betaal sodanige lidmaatskapsgelde soos van tyd tot tyd deur die Vereniging besluit, met inagneming van die besluite ingevolge die bepalings van die Grondwet van Agri Wes-Kaap. Die Vereniging mag ander lidmaatskapsgelde vir ere-lede en lede wat nie boerdery beoefen nie, vasstel.