Bestaan & Doelstellings

sedert 1937

Bestaan & Doelstellings

Die huidige bestuur is Tienie Brink (voorsitter), Daan van Zyl ( sekretaris), met addisionele lede Jaco Smith, Lambert van der Westhuizen en NJ Wiese.

Gestig om die belange van die boeregemeenskap in en om Vanrhynsdorp te behartig, boerderykennis onder boere te versprei, ‘n gees van samewerking te bevorder, saam te werk met ander organisasies en besighede om koöperatiewe ideale te bevorder en om die ontwikkeling van die landboubedryf te bevorder en regverdige pryse te verkry. Om genoemde te verky word onderskeie geleenthede gedurende die jaar gehou onder andere:

 

  • Kwartaallikse vergaderings (met sprekers en gaste)
  • Geleenthede om noodsaaklike boerderykennis onder boere te bevorder
  • Jaarlikse afsluitings geleentheid
  • Fondsinsamelings